Huis Botha

Huis Botha Meisiekoshuis

  

 2018 Prefekte


Boodskap van die hoofdogters:

Lucrisa Barends

 

 

Ek is vanaf Graad 8 in Huis Botha en dit is vir my 'n groot voorreg om my laaste jaar af te sluit as die hoofdogter van Huis Botha 2018. Baie dankie aan almal wat in my glo.
Ek het nooit gedink ek sal in 'n koshuis bly nie, maar dit was een van my beste besluite. Aan die begin het dit baie moeilik gegaan, maar met die ondersteuning van almal het ek baie vaardighede aangeleer en die uitkoms was positief.
In Huis Botha leer ons om waardes uit leef. Ons staan altyd bymekaar en elkeen van ons is selfstandig. Emosioneel ondersteun ons mekaar. Net soos enige ander huis het ons soms ons probleme en probeer om altyd dit uit te sorteer en wanneer ons daaruit kom, kom ons sterker as ooit uit. Wanneer jy jouself die geleentheid gee om te groei is dit onwaarskynlik dat jy as dieselfde persoon sal uitstap soos jy ingekom het nie.
Ek sal my bes probeer om te help dat die koshuis soos 'n tweede huis vir almal sal voel. In samewerking met die ander VRL-lede gaan ons 2018 'n ongelooflike jaar maak.


Breadcrumbs