Huis Morelig

Huis Môrelig Seunskoshuis

 

 

Boodskap van ons Hoofseun 2018: Deon-Thys Smit


In 2014 het ek my Hoërskool loopbaan by Dirkie Uys begin. Ek was ‘n skaam 13 jarige seun wat baie onseker was van my nuwe huis – Huis Môrelig.

Gou het ek geleer dat my “weekhuis” werklik baie huislik is. Ons koshuisvader en koshuis tannies gee werklik om. Die werkers hou ons koshuis skoon en die koshuis reëls laat my veilig voel. Die beste huis – weg van die huis.

Die opstaanklok, etensklok, studieklok en stilteklok herinner ons elke dag wat ons volgende doen. Tussendeur het ons baie koshuispret. Ons is ondeund, kyk TV, speel snoeker of oefen in die gimnasium. Lag en saam gesels is seker die lekkerste koshuis tyd.

Van ‘n skaam Gr 8 seun het my selfvertroue en mense kennis baie gegroei. As Hoofseun van hierdie top koshuis wil ek elke leerder lei deur my voorbeeld, ‘n oor wees wat luister en ‘n hart wys wat omgee.

Ek vertrou dat my rustige persoonlikheid, sin vir regverdigheid en goeie spanwerk, dit moontlik sal maak om saam met die leiers van 2018 – Huis Môrelig ‘n lekker plek te maak.

2018 Prefekte

 

 


Agter van links:  Justin Otto, Tiaan Korkie en Hannes Mostert

Voor van links: Deon-Thys Smit en Christiaan Mostert


 







Breadcrumbs